GRADE 1 - 3 TEACHERS
GRADE HEAD: MRS. HELEN GERICKE (Eng):
Qualifications: HED Junior Primary
Extra-mural Activities: Swimming, Netball
History: She grew up in the Northen Cape and matriculated at the "Hoërskool Overkruin" in Pretoria, then completed her training as a teacher at the Normaal Kollege, Pretoria. She started her teaching career in 1982 at Park Junior School in Johannesburg. Most of the pupils were Portuguese speaking and she taught them in English. In 1983 she returned to Kimberley and taught at Gladstone Primary. She resigned as teacher when her husband was transferred to Knysna in 1989. When her youngest boy was 3 years old, she returned to the teaching profession and taught for 6 months at Playtime Playschool. Since 1996 she has been teaching at Knysna Primary. She serves on the Governing Body and the P.T.A. She is involved in the community and an active member of the Dutch Reformed Church. She says that she thanks God for giving her the oppurtunity to work with His children and to teach them about Him and His values and norms.
MEV. CARLA JANSE VAN RENSBURG (Afr)
Kwalifikasies: HOD Junior Primêr
Buitemuurse Aktiwiteite: Swem, Junior Koor, Revue
Geskiedenis: Sy het in 1981 aan die Hoërskool Outeniqua gematrikuleer. Daarna is sy na die Onderwyskollege in Port Elizabeth waar sy na 4 jaar die diploma H.O.D. Junior Primêr verwerf het. Een van haar hoofvakke in haar 4de jaar was Remediërende Onderwys wat haar nou baie help in die klassituasie. Haar eerste aanstelling was in 1986 aan die Laerskool Knysna. Na 23 jaar bly sy steeds lojaal aan die skool.
MEV. JOANA MEYER (Afr)
Kwalifikasies: OD III Junior Primêr
Buitemuurse aktiwiteite: Ekstra Afr. klasse, Nasorg
Geskiedenis: Sy is gebore en getoë in Grabouw en het in 1978 gematrikuleer by Hoërskool Grabouw. Daarna het sy by Denneoord Onderwyskollege in Stellenbosch gestudeer tot 1981. Haar eerste onderwyspos was in Okiep in Namakwaland in 1982. Sy is reeds vanaf 1984 betrokke by Laerskool Knysna.
VILIA BOWDEN
Qualifications: HED with Distinction
Extra mural activities: Library, Functions
History: Qualified 1976
Started teaching 1982
Taught in Gauteng - Roodepoort until 2006 (December)
Arrived in Knysna in 2009
MEV. TEQUEENA TERBLANCHE (Afr)
Kwalifikasies: OD III Junior Primêr
Buitemuurse Aktiwiteite: Netbal, Atletiek
Geskiedenis: Sy het in 1977 te Hoërskool Knysna gematrikuleer. Daarna is sy na die Oudtshoorn Opleidingskollege waar sy haar as 'n Grondslagfase onderwyseres bekwaam het. Sy word in 1981 aangestel by Laerskool Knysna. Aan die einde van 1985 het sy bedank, omdat daar 'n nuwe toevoeging tot die gesin was.In 1991 word sy weer aangstel by Laerskool Knysna en sy is tans departementshoof van die grondslagfase.
MRS. MARIETTE LIESKE (Eng)
Qualifications: HED Junior Primary, HED Pre-Primary
Extra-mural Activities: Environmental Eco Club, Hockey U/8 and U/9,
History: She matriculated at Hoërskool Louis Trichard in 1975. She did her training as teacher at Normaal Kollege, Pretoria and obtained her Higher Education Diploma in 1980. In 1987 she obtained her Diploma in Pre-Primary Education through UNISA. She taught at: George Preparatory Shool, 1981 - 1982; Laerskool Tsitsikamma 1983-1984; Bloemhof Schools, 1986; Little Folk Nursery School, 1989 - 1993 (own enterprise); Knysna Primary School 1994 - present.
She enjoys being involved in school concerts and had co-produced plays at schools prior to teaching at Knysna Primary. She has a keen interest in environmental education and is currently involved in the Eco-club at K.P.S.
MEV. MARLEIN van TONDER (Afr)
Kwalifikasies: OD Junior Primêr, HOD Pre-Primêr en DSO RO (Unisa)
Buitemuurse Aktiwiteite: Atletiek, Netbal
Geskiedenis: Sy het gematrikuleer aan die Hoërskool Carel du Toit in Steytlerville in 1975. Daarna het sy die onderwysdiploma Junior Opleiding in 1978 en die HOD Pre-Primêr in 1979 aan die Graaf-Reinett Opleidingskollege verwerf. Sy het in 1980 die Pre-Primêre klas by Laerskool Frans Conradie behartig tot 1982. In 1983 het sy begin in Gr. 1. Daarna is sy in 1984 by Laerskool Knysna aangestel as Graad 1 onderwyseres en sedert 2000 gee sy onderwys vir die Graad 2's.
Sy was ook baie betrokke by atletiek afrigting en het vanaf 1988 gereeld die atletiek-kursusse op Oudtshoorn bygewoon wat gedurende Januarie, voor die skole heropen, aangebied is. Sy het gespesialiseer in verspring. Sy is ook die organiseerder van die Junior Atletiekdag vir die afgelope 5 jaar.
Netbal is haar ander groot liefde. Sy het sedert 1985 gereeld dogters na Port Elizabeth geneem om gedurende vakansies aan toernooie en afrigtingsklinieke deel te neem. Sy het ook op die KPSSSU-bestuur gedien vir 4 jaar, waar sy gereeld SWD-vergaderings op George en Oudtshoorn bygewoon het. Sedert Januarie 2009 koördineerder vir Gr. 2 in Knysna-streek om te help met die implementering van die Kurrikulum. Ook deel van die SMT sedert 2004.
MEJ. MONIQUE COETSEE (Afr)
Kwalifikasies: B.Ed Grondslagfase graad
Buitemuurse Aktiwiteite: O/8 Netbal, Eisteddfod, Atletiek en Nasorg
Geskiedenis: Gebore in Hermanus en het daar groot geword. Was daar op Laer- en Hoërskool. Het na skool onderwys op Wellington gaan studeer.
Hierdie is haar eerste aanstelling.
Sy dink dat die akademiese gehalte by KPS baie hoog is. Die skool handhaaf ‘n goeie balans t.o.v. kultuur, akademie en sport. Geloof geniet 'n hoë prioriteit by Laerskool Knysna, wat prysingswaardig is in ‘n samelewing en tyd waarin ons kinders grootword.
GRAADHOOF: MEV. IRMA SMIT (Afr)
Kwalifikasies: HOD Junior Primêr, N5 Rekenaarpraktyk
Buitemuurse Aktiwiteite: Biblioteek
Geskiedenis: Haar eerste pos was by Laerskool Warrenton in die Noordkaap. Sy het vir 3 jaar daar onderwys gegee. Sy verhuis na George en werk vir 'n paar jaar in die privaatsektor. In 1994 verhuis sy na Knysna waar sy vir twee jaar aflosposte beklee het by Hornlee Primêre Skool.
Sy is vanaf Julie 1996 betrokke by Laerkool Knysna. Terwyl sy hier 'n pos beklee het, het sy deur George Tegniese Kollege 'n N4 en N5 Rekenaarpraktyk sertifikaat verwerf en was ook vir ongeveer 4 jaar by hulle aangestel as deeltydse lektrise. Sy streef daarna om elke kind te behandel soos haar eie en 'n verskil te maak in kinders se lewens.
MEV. YOLANDE BOTHA (Afr)
Kwalifikasies: HOD Junior Primêr
Buitemuurse Aktiwiteite: Tennis, Hokkie
Geskiedenis:
Sy het gematrikuleer aan die Hoërskool Andrew Rabie in 1987. Daarna het sy onderwys studeer aan die Onderwysers Kollege Port Elizabeth. Sy behaal haar HOD in 1991. Haar eerste onderwyspos was te Laerskool Park in Mosselbaai. Sy het daar onderwys gegee vanaf 1992 - April 1999. Sy is by Laerskool Knysna vanaf September 1999.
MRS. GINA LAHOUD (Eng)
Qualifications: BA, HDE, PG Primary
Extra-mural Activities: Tennis, Hockey
History: She matriculated from Ellerslie Girls High in Cape Town and graduated BA from UCT in 1980 and HDE PG Primary in 1981. She taught at St Agne's Primary in Cape Town and received a Merit Award in 1986. After that she taught at various schools like St Anne's in Plumstead, Wynberg Girls Primary, St Anne's in East London and Plettenberg Bay Primary. She is teaching at Knysna Primary since 2001. Appointed as HOD in 2007.
MRS. MONIQUE LANGMAN (Eng)
Qualifications: 4 year Bachelor of Education specializing in Foundation Phase [degree]
Extra-mural Activities: Hockey
History: She matriculated in 2006 from Fairmont High School in CT. Thereafter she studied a Bachelor of Education Foundation Phase degree at Stellenbosch University. She moved to Knysna in January 2011 and got married in April. This is her first teaching post.
She specifically likes the Christian principles and education at KPS. She adores the love shown to all learners and the focus of reaching all the learners’ needs.
|