Knysna Primary School athletics
Knysna Primary athletics kicks off every year fairly early with a round robin athletics meet for u/10 to u0/14 athletes . This is a massive event as each and every pupil in the school can participate. On this day the best 8 to 12 athletes in each item are selected to participate in evening meets. At these events the top 3 athletes are chosen to represent the school at a town athletics meet.
The u/7, u/8 and u/9 athletes all participate in a foundation phase athletics meet. At this event best 8 to 12 athletes are once again selected to participate in the evening events.
At the town event each school participates. Once again the best 3 athletes are chosen to represent the town in the regional competition. This competition includes the towns of Plettenberg Bay, Sedgefield and Knysna. At the Regional Event times and distances are monitored to determine which athletes qualify for the SWD Championships. It is always an honour for our athletes to qualify.
At the SWD Championships the times and distances are once again monitored to determine which athletes qualify for the Western Cape Championships, where qualifications are once again sought for the National Championships.
Each school in the Knysna, Plettenberg Bay and Sedgefield district selected their own athletes for the local athletics meetings which were held on 6 February 2010.
These districts held a combined athletics meeting in Knysna on 13 February 2010. Thirty-five athletes from Knysna Primary School qualified to participate in the SWD championships that were held in Oudtshoorn on 27 February 2010.
The following athletes from Knysna Primary School were selected for the SWD team:
| B | 11 years | Khanya Plaatjie Déwgin Stander | Long Jump 1200m |
| G | 11 years | Nealy Lombaard | High Jump |
| G | 12 years | Marilee Jordaan Tristan Colananni | Javelin Shot Put |
| B | 12 years | Bradley Kiewitz | 100m 150m |
| B | 13 years | Ethan van Eeden Duncan Mather Jeandré McCarthy | 200m 800m 800m |
The Western Cape championships were on 6th March 2010, a very hot day, at the Dal Josafat stadium in Paarl. Mrs. H. Erasmus and Mrs. L. Roodt accompanied the team to Paarl as officials.
Nealy Lombaard from Knysna Primary School was selected from the Western Cape team-girls n/11 high jump.
The National athletics meeting was held in East London on 19-20 March. Mrs. H. Erasmus officiated for the Western Cape.
Learners are able to participate in various events.
u/7 60 m and 80 m
u/8 60 m, 80 m en 800 m
u/9 60 m, 80 m, 1200 m, High Jump and Long Jump
u/10 80 m, 100 m, 1200 m, 70 m Hurdles, High Jump, Long Jump, Shotput
0/11 80 m, 100 m, 1200 m, 70 m m Hurdles, High Jump, Long Jump, Shotput
0/12 80 m, 100 m, 1200 m, 75 m Hurdles, High Jump, Long Jump, Shotput, Javelin and Discus
0/13 80 m, 100 m, 800m, 1500 m, 75 m Hurdles, High Jump, Long Jump, Shotput, Javelin and Discus
We also offer the following but do not compet in these:
1500 m Walk, 150 m Hurdles (0/12), 200 m Hurdles (0/13)
We normally practice on a Monday and Wednesday from 16:00 tot 17:00 at the High School field. However these times might change from time to time depending on certain needs.
Knysna Primary School's teachers are well trained coaches and are also regular officials at Provincial and National Competitions.
LAERSKOOL KNYSNA ATLETIEK
Laerskool Knysna se atletiek skop elke jaar vroeg af met 'n Rondomtalie-atletiekbyeenkoms vir 0/10 tot 0/14 atlete. Dit is 'n massa deelname waaraan een en elke leerling van die skool met vrymoedigheid kan deelneem. Op hierdie dag word die beste 8 tot 12 atlete in elke item gekies om aan aandbyeenkomste te kom deelneem waar die beste 3 atlete deurgaan na die Dorpsbyeenkoms.
Die 0/7, 0/8 en 0/9 atlete kry weer die kans om een oggend aan 'n Grondslagfase-atletiekbyeenkoms deel te neem waar ook die beste 8 tot 12 atlete gekies word om die aandbyeenkomste by te woon.
By die Dorpsbyeenkoms neem elke skool van Knysna deel en hier word weer die beste 3 atlete in die dorp gekies om aan 'n streeksbyeenkoms tussen Plettenbergbaai, Sedgefield en Knysna deel te neem. By die streeksbyeenkoms word na kwalifiserende tye en afstande gekyk om te besluit of die atlete kan deurgaan na die SWD-kampioenskappe. Vir ons atlete is dit gewoonlik 'n groot eer, aangesien slegs enkeles daardie kwalifiserende tye en afstande behaal. By die SWD-kampioenskappe word weer na kwalifiserende tye en afstande gekyk om atlete te kies vir die Wes-Kaap-kampioenskappe wat op hulle beurt weer atlete kies om die Wes-Kaap by die Nasionale-byeenkoms te gaan verteenwoordig.
Elke skool in Knysna-, Plettenbergbaai- en Sedgefieldstreek het in skoolverband hul atlete uitgesorteer vir die Dorpsbyeenkomste wat op 6 Februarie 2010 plaasgevind het.
Op 13 Februarie 2010 het die hele streek ‘n byeenkoms in Knysna gehou waar heelwat atlete in die Streekspan opgeneem was vir die SWD-kampioenskappe in Oudtshoorn.
Die SWD-kampioenskappe het op 27 Februarie 2010 in Oudtshoorn plaasgevind. Daar was altesaam 35 atlete van Laerskool Knysna wat na Oudtshoorn gegaan het om deel te neem.
Die volgende atlete van Laerskool Knysna is in die SWD-span opgeneem:
| S | 11 jaar | Khanya Plaatjie Déwgin Stander | VS 1200m |
| D | 11 jaar | Nealy Lombaard | HS |
| G | 12 jaar | Marilee Jordaan Tristan Colananni | Spies GS |
| S | 12 jaar | Bradley Kiewitz | 100m 150m |
| S | 13 jaar | Ethan van Eeden Duncan Mather Jeandré McCarthy | 200m 800m 800m |
Die Wes-Kaap kampioenskappe het op 6 Maart 2010 in die snikhete Dal Josafat stadium in die Paarl plaasgevind. Nealy Lombaard, van Laerskool Knysna is as D0/11 vir hoogspring opgeneem in die Wes-Kaapspan om op 19 – 20 Maart 2010 aan die Nasionale byeenkoms in Oos-Londen te gaan deelneem. Mev. H. Erasmus en Mev. I. Roodt was saam na Dal Josafat as beamptes.
Mev. H. Erasmus is as Wes-Kaapbeampte saam na die Nasionale byeenkoms in Oos-
Londen.
Verskillende items waaraan elke ouderdomsgroep kan deelneem:
0/7 60 m en 80 m
0/8 60 m, 80 m en 800 m
0/9 60 m, 80 m, 1200 m, Hoogspring en Verspring
0/10 80 m, 100 m, 1200 m, 70 m Hekkies, Hoogspring, Verspring en Gewigstoot
0/11 80 m, 100 m, 1200 m, 70 m Hekkies, Hoogspring, Verspring en Gewigstoot
0/12 80 m, 100 m, 1200 m, 75 m Hekkies, Hoogspring, Verspring, Gewigstoot, Spiesgooi en Diskus
0/13 80 m, 100 m, 800m, 1500 m, 75 m Hekkies(D), 80 m Hekkies (S), Hoogspring, Verspring, Gewigstoot, Spiesgooi en Diskus
Nog ander items wat op laerskoolvlak aangebied word, maar waaraan Laerskool Knysna nog nie deelgeneem het nie, is:
1500 m Stap, 150 m Hekkies (0/12), 200 m Hekkies (0/13)
Gewoonlik oefen ons atlete op 'n Maandag en Woensdag vanaf 16:00 tot 17:00 op die Hoërskool-veld. Daar kom ook tye dat ons atlete op ander dae en tye afrig soos wat die vraag daarna is.
Laerskool Knysna spog met goed opgeleide en bekwame afrigters wat ook as beamptes by Provinsiale, sowel as Nasionale vlak, diens gedoen het.
|
|